Waterslang (astrologie)

癸巳

Die Waterslang (癸巳, guǐsì) is die 30ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die 10de Hemelstam (癸, guǐ; die element Water en Jin) met die sesde Aardtak (巳, ), gesimboliseer deur die Slang (蛇, shé).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Waterslangjaar het in 2013 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 19 Februarie 2013 tot 30 Januarie 2014.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search